Jou rustige bosveld toevlug
Mooiplaas bied pragtige bosveld-selfsorg-akkommodasie op ons perseel, geskik vir tot 22 gaste. Die akkommodasie sluit ’n ruim 6-slaapkamerhuis en 5 knus rondawels in. Die lodge is slegs ’n paar honderd meter vanaf die venue geleë, waar gaste die asemrowende uitsig oor die granadillaboord kan geniet.
Die bruidspaar en hul gaste is welkom om die aand voor die troue ’n gesellige saamkuier met familie en vriende te geniet. Hierdie samekoms is geskik vir tot 40 gaste.
Ons akkommodasie is nie beskikbaar vir die publiek nie, maar kan wel geniet word deur ons bruidspare om tyd met die naaste familie en vriende te spandeer. Kontak ons gerus om ‘n lys te ontvang van oulike gastehuise in ons omgewing.





