Seremonie

Onder die skadu van ’n majestueuse wildevyboom staan ons opelug-geuwelkerk, met ’n intieme atmosfeer en asemrowende uitsig oor die plaas. Groot houtdeure, wynvatte en gekleurde glasvensters voeg tydlose bekoring by hierdie unieke trouplek.

Canapés

Die ruim, groen grasperk voor die venue skep die ideale omgewing vir gaste om na die seremonie canapés en ‘n drankie te geniet. ’n Verskeidenheid meubels word uitgepak om te verseker dat gaste in gemak en styl kan ontspan terwyl die bruidspaar hul foto’s neem.

Onthaal

Die saal akkommodeer 70 tot 300 gaste en is toegerus met Rhodesian teak houttafels en gemaklike stoele. Romantiese beligting voeg ’n tikkie sjarme by, terwyl die grasdak ’n unieke, natuurlike element bring wat die ruimte selfs meer betowerend maak.

Ons het asook ‘n nuwe pakket vir 50-59 gaste waar die saal afgebaken word met wit drapering om die kleiner hoeveelheid gaste te akkommodeer.

Bruidskamer

Ons nuutste toevoeging tot die venue is Bergbruidjie – ‘n eksklusiewe en privaat ruimte wat perfek is vir die bruid en haar gevolg om in styl voor te berei vir die groot dag. Bergbruidjie is met sorg ontwerp om aan die bruid se unieke behoeftes te voldoen en om te verseker dat haar spesiale dag begin met kalmte, gemak en vreugde.